Movie
Hoofmeisie
film with a runtime of 98 minutes, released in 2011. Presented in AFR.
At a Glance
Synopsis
Die rolprent handel oor drie meisies op laerskool, wat onder hul dominerende mammies dieselfde droom deel - om eendag hoofmeisie van Laerskool Stumbo Pops te word. Nadia van Heerden (12) is 'n liefdevolle en gemotiveerde weeskind met dieselfde droom. Ongeag haar siniese ouma se advies om nie eers te probeer kompeteer nie, gaan sy voluit vir die gesogte bronsbaltjie. Nadia weet dit sal haar oorlede ma en pa verskriklik trots maak. Sy behaal gou sukses wanneer sy redenaars wen, maar mislukkings met netbal proewe, entrepreneursdag en akademie is net die begin van haar probleme. Wanneer sy oortuig is dat haar beste vriendin, Melissa, haar in die rug gesteek het, rebelleer Nadia teen almal wie vir haar omgee. Sy word gou 'n selfgesentreerde snip wat enigiets sal doen vir die titel van Hoofmeisie. Uiteindelik leer Nadia dat 'n ware leier van agter af lei, en 'n voorbeeld van eerlikheid en onselfsugtigheid behoort te wees.
Where to Watch
Start with the quickest viewing option we have for this title.
Availability can vary by country and over time.